Die begin…

Luister, die dag toe my vriendin my kontak oor ‘n aanlynwinkel het ek gedink: “Ja, maklik. Ek is redelik clued up met tegnologie. My administratiewe vaardighede is nie te sleg nie. Sy het ‘n oog vir mooi goed en ken van kwaliteit. Sy kan ook pakkies so ongelooflik mooi opmaak. Ons gaan ‘n goeie span maak en die ding maklik, maklik baas raak.”

Hahaha, toe kry ek ‘n nare ontnugtering! Tussen my kinders se huiswerk, my papierwerk en die webblad se idees lyk my lessenaar soos ‘n nes! Ons voorraad begin instroom en om foto’s van alles geneem te kry neem toe 2 weke in plaas van die beplande twee dae.

Ek het nooit enige van my idees neergeskryf nie en raai wat? Toe ek dit alles bymekaar wil sit vergeet ek die helfte! My whatsapp het besluit om ‘n update te doen sonder ‘n backup, dus is al daardie data daarmee heen! Ai. Hoekom het ek nie maar die idees op Pinterest gestoor  nie. Nee, ek stuur dit net met whatsapp aan. Dit sal mos nie wegraak nie. Ha.

Ek geniet die beplanning so baie dat ek vergeet om kos te maak. Wanneer ek wel kos maak is ek so in gedagte dat ek alles of breek of brand. Nee wag. Dis nie gebrand nie, ek kan dit red. Ek sê net dis skerp gebraai… Blameer dit op beurtkrag. Dis hoekom die wasgoed ook nog nie gestryk is nie. Ja, dis hoekom. Nes mens goed op dreef is gaan die krag af.

Wat my tegnologiese vaardighede aanbetref was ek aanvanklik heel beïndruk met myself. Ek het die webblad verstaan, die advertensies wat ek maak lyk heel goed. Die videos wat ek vir Instagram maak lyk heel oulik. Die produkfoto’s wat ek op die webblad laai werk.  Man, ek is heel oulik! Maar skielik draai Instagram al my video’s onderstebo. Ek besef daar is 37 spelfoute in ‘n 12 woord sin. En in een van my e-posse het ek getik “Goeiemoer” in plaas van “Goeiemore”. Oeps. G’n wonder ek kry geen reaksie uit die persoon nie. Ek vra nederig om verskoning.

Maar deur dit alles het ek en my vriendin (vennoot klink so fêncy) die heerlikste tye gehad! Ons kon lag en stry en skuur en skaaf aan al ons idees. Dit is ‘n voorreg om hierdie geleentheid te hê en dit is lekker om ons hartsmense se ondersteuning deur die proses te geniet. Baie dankie aan ieder en elkeen wat saam met ons opgewonde is oor die projek. Jammer aan diegene wat ‘n konsep geduldig 20x aan my moes verduidelik omdat my gedagtes eintlik elders is. Dankie aan diegene wat moed gehou het terwyl ek hul van bakboord na stuurboord gejaag het.

Hierdie was nog maar net die begin, die lekker lê nou voor! Welkom by Eersteklas! Die winkel waarin ons tyd en liefde belê het. Mag dit vir julle so ‘n eersteklas ervaring wees om te koop soos wat dit vir ons tot dusver was om alles bymekaar te bring!

Jy wil tog nie jou Eersteklas trollie net so los nie?

Los gerus jou details sodat jy later jou aankope kan finaliseer.

Scroll to Top
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.