Dankie Mamma

Eersteklas Aanlyn is meer as net ‘n winkel. Ons is ‘n gemeenskap! Ieder en elke persoon wat betrokke is by die vervaardiging van die pragtige produkte wat jy op ons webblad sien het dieselfde doel voor oë; om iets beter vir ons geliefdes te kan bied. Vir die meeste is dit ‘n “side hustle” om daardie ekstra gaatjies toe te stop. Om te kan verseker boetie én sussie kan aan daardie sport byeenkoms deelneem, Om die regte behandeling te kan bekostig vir ‘n siek kind. Om beter vir bejaarde ouers te kan sorg. Om met ‘n ligter hart te kan gaan slaap.  

Soms wonder ek hoekom ek my vingers stomp werk, tot laat in die nagte wakker bly om alles gedoen te kry. Dan ontdek ek sulke briefies wat strategies op my nes van ‘n lessenaar versteek is en ek weet dat my kind gelukkig is en ‘n dankbare hart het. Dit maak alles die moeite werd!

Jy wil tog nie jou Eersteklas trollie net so los nie?

Los gerus jou details sodat jy later jou aankope kan finaliseer.

Scroll to Top
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.