Met die nuwe skoojaar wat al nader kom werk kosblikke sommer al klaar op my senuwees!
Ek is altyd opsoek na iets wat maklik en vinnig is om voor te berei, maar steeds voedsaam en lekker is. ‘n Vriendin het hierdie resep al ‘n tydjie terug vir my gegee, maar ek het dit onlangs vir die eerste keer gemaak. Laat ek vir julle vertel, dit is sowaar ‘n treffer!
Alhoewel dit nou nie die heel gesondste happie is wat ek al ooit teegekom het nie, sal ek steeds ‘n paar met gemak vir my aktiewe 10 jarige kan inpak saam met ‘n volgraan muffin en ‘n vrug.
Bestanddele:
1 kop. gladde grondboontjiebotter
2 eetl. sagte botter
½ kop versiersuiker
¾ kop bruinsuiker
Pretzels
¼ kop gesmelte sjokolade
Metode:
Meng die grondboontjiebotter & botter saam.
Klits dit saam met die suikers totdat dit goed gemeng is. Voeg ekstra versiersuiker by indien die beslag te pap is.
Skep teelepels vol op ‘n pretzel en plak nog ‘n pretzel bo-op om ‘n “toebroodjie” te vorm.
Plaas in die vrieskas vir 30 minute (of oornag in die yskas)
Dip elke pretzel halfpad in gesmelte sjokolade en pak op bakpakier.
Sprinkel bietjie Pink Himalayan sout oor en laat set.
