‘n Dankbare hart

Ek is kwaad. Ek is kwaad omdat die duiwel listig is. Omdat daar mense daar buite is wie se ouers hulle nie kan leer om ander mense se goed uit te los nie. Omdat daar ‘n handjie vol van ons is wat ons inkomste op ‘n harde & eerlike manier verdien en dan is daar ander wat lieg en bedrieg en ‘n luilekker lewe lei. Ja, ek weet hulle sal nog kry wat hulle toekom, maar vandag is ek kwaad en bitter teenoor hulle. Teenoor aanlyn besighede wat mense bedrieg en veroorsaak dat kliënte my nie in die toekoms wil vertrou nie.

Iewers in my agterkop fluister ‘n stemmetjie, maar ek wil hom nie hoor nie, want ek is kwaad. Weens my slegte, diep hartseer bui bly almal uit my pad uit en ek begin tog luister na daardie stemmetjie agter in my kop.

Ek deel graag ‘n stukkie geskryf deur Yolandi Marx van Leefstyl Club in Wolmaransstad. Sy het my opnuut laat besef dat ek dankbaar moet wees. My hart is steeds seer, maar met meer dankbaarheid nadat ek dit gelees het:

“Vanoggend tydens n klas maak die Here my bewus van my gemounery so ek gaan bieg, saam met die les wat ek toe geleer het.

Ons kla darem verskriklik, as dit net ek is bid maar vir my en lees verder.

Ons kla oor huiswerk, vêr ry agter sport aan, kinders wat parmantig is, lone wat betaal moet word, kaste wat reggepak moet word, karre wat gewas moet word, hare wat gekleur moet word. Kooperasie stoppe wat gedoen moet word, boeke wat gemerk moet word, kos wat gekook moet word,,, so gaan die lys aan.

Iemand sit n vrou wat bid vir n kind om mee huiswerk te doen, daar is n mamma se hart stukkend oor n kind wat nie mag sport doen, daar is n vrou wat se huis verkoop is deur die bank- dit beteken geen kaste om reg te pak, of huis om skoon te maak. Daar is iewers n vrou wat bid vir kos, eerder as om te kla oor die taak. Daar is iewers n boer wat nie lone kan betaal, die kar wat jy oor kla is nie goed genoeg- daar stap iewers n vrou wat bid vir n kar. Die man oor wie jy so kla- iewers bid n vrou vir die regte man, of haar man verniel haar.

Ook tydens die klas vanoggend- jy moet regtig kom jy oefen: siel én liggaam.

Maak ek n uitlating oor party mense wat in hul gebeendere maar bitter is? Dit is waar, maar van ons se gebeendere loop ook maar oor van onnodige klagtes.

Ons harte en lewe moet oorloop van dankbaarheid!

As jy vanoggend wakker geword het, ń kar het, ń gesin het- ongeag hoe groot. Is jy bederf met nog n dag.

Die wat in blinker huise en beter karre rond gejaag het, jul het ook net nog ń dag!My gebed is vandag dat God my sal vergewe en leer om nie ń gewoonte klaer te raak nie. Ek wil oorloop van vreugde en dankbaarheid!”

Baie dankie aan elkeen wat Eersteklas ondersteun & ons ‘n geleentheid gun om te wys dat nie alle aanlyn besighede ‘n bedrogspul is nie!

Jy wil tog nie jou Eersteklas trollie net so los nie?

Los gerus jou details sodat jy later jou aankope kan finaliseer.

Scroll to Top
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.