‘n Nuwe Seisoen

Ek hou nie van somer nie, dis geen geheim nie. Die laaste twee weke was alreeds vir my te warm en ek het instiktief weer die slapies begin tel tot die volgende winter. Maar toe ek die vars nuwe blaartjies aan my chilli plantjies opmerk het ek bietjie verder gedink. Seisoene is nodig. Die grond moes gedurende die winter rus sodat die plantjies nou kan uitspruit en pragtige, gesonde vruggies lewer, sodat ek in die hoogte van die somer weer nuwe vars chilli sout kan maak.

Met ‘n vars gemoed kyk ek dan verder om my rond. Die lammertjies spring vrolik in die groenvoer rond. Orals loer vars groen blaartjies en pragtige pienk bloeisels kom te voorskyn.

Net soos die natuur, het ons ook tyd nodig om te rus. Soms lank, soms kort. Tyd om selfondersoek te doen, gesond te word, te beplan. So het ons dan ook weer tyd nodig om die bul by die horings te pa ken te groei. Om al hierdie dinge te doen moet ons deur seisoene van verandering gaan. Dit loop nie noodwendig saam met ons fisiese seisoene nie, ek voel byvoorbeeld baie meer produktief gedurende die winter maande. Maar figuurlik beleef ons beslis ook seisoene!  Seisoene van groei en seisoene van rus.

Na my onlangse deelname aan Afriforum Sakenetwerk se Entrepreneur van die jaar kompetisie voel ek dat my winter ook nou verby is en my lentetyd, my groeityd aangebreek het! Daar kan nie net uitgesien word na die groei en verandering van Eersteklas se reeks produkte nie, maar ook na ‘n vars, verbeterde webblad! Wees gerus, ons streef steeds daarna om persoonlike, eersteklas diens te lewer. Ons sien werklik daarna uit om jul terugvoer te ontvang en luister na elkeen se voorstelle.

Ek sê nou glad nie dat ek die ongenadige hitte van die Kalahari somer gaan geniet nie. Maar ek gaan wel met ander oë daarna kyk en die groeiproses geniet! Ek hoop dat ons julle die groeiproses ook saam met ons sal geniet en dat ons kliëntebasis saam met hierdie nuwe seisoen sal groei.

Lees gerus meer oor my reis soos uiteengesit deur Afriforum Sakenetwerk tydens hul entreperneurskaps fokus :https://www.afriforumsakenetwerk.co.za/entrepreneursfokus-colene-pretorius/?fbclid=IwY2xjawFZGJlleHRuA2FlbQIxMAABHQ0trkD3u007MMspREAPLvzxvGgaQOLSuw_gUDzcD5jACagPXbZmFoFGEA_aem_zGOo_3ieE1pMKSNbtMhE-A

Jy wil tog nie jou Eersteklas trollie net so los nie?

Los gerus jou details sodat jy later jou aankope kan finaliseer.

Scroll to Top
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.