Wat is dan nou lekkerder as ‘n warm pannekoek op ‘n reënerige dag?
Hierdie flopvrye resep soos gevind in die oorspronklike Huisgenoot Wenresepte is maklik, vinnig en kan sonder moeite verdubbel word. Maak sommer klaar ekstras vir more se kosblikke…
Bestanddele:
2 eiers
1/2 koppie melk
Knypie sout
200ml koekmeel
1/2 water
Metode:
Klits eiers & melk saam. Voeg sout by.
Klits meel bietjiesgewys by om klonte te voorkom.
Klits water by.
Voeg bietjie olie in ‘n pan en bak ‘n soplepel vol op ‘n slag.
Siedaar! 7 pannekoeke in ‘n japtrap!
