Urg. Ek is sommer raadop… Niemand het vir my gesê om ‘n grootmens te wees beteken dat ek aandete vir die die res van my lewe moet uitdink nie. O, wag, nie net aandete nie. Maar ook elke ander ete, ELKE. LIEWE. DAG.
Nou kyk, ek geniet kosmaak, maar ek het nie altyd inspirasie nie. En in die Kalahari-hitte geniet ek dit regtig ook nie om gedurende die somer in die kombuis te wees nie. Maar probeer ek ‘n Masterchef dis optower lig almal se wenkbroue. Maak ek my ouma se bobotie is niemand lus vir outydse kos nie. Druk ek eenvoudig hoenderrepies in die oond voel ek skuldig omdat ek nie genoeg moeite doen nie. O ja, het ek genoem dat ek insullienweerstandig is? Woeps, daar is alles met stysel en suiker ook by die deur uit. Nou WAT BLY OOR??
Ek is ongelukkig ook nou nie so georganiseerd dat ek ‘n week se maaltye vooruit kan beplan nie, alhoewel ek wens ek was. Omstandighede het my ook nou al geleer dat ek minstens een voorbereide maaltyd in die vrieskas moet hê. Jy weet, vir die wis en die onwis…
Nou ja, terwyl ek nie oor al die antwoorde, resepte of inspirasie beskik nie het ek darem een wenner van ‘n resep. Dit kan dien as ‘n bykos of ‘n hoofmaal. Dit vries uitstekend en beste van alles, bevat geen stysel nie!! Yeay!! Maak dit in individuele erdebakkies vir oorspronkilike opdiening: Erde Pasteibakkies
Geniet dit & maak seker om ons op sosiale media te tag wanneer jy dit maak: https://www.facebook.com/Eersteklas.aanlyn
Indien jy die resep graag in ‘n pdf formaat sou wou verkry Kontak Ons gerus en ontvang dit GRATIS per e-pos.